LW & Ezelle | Wedding | Groenrivier | Riebeek-Wes | 14 December 2012

As Eerstejaars op die Wellington Kampus, geniet ons ons eerste dae as volwaardige student... LW speel Cassanova terwyl ek my glad nie steur aan hierdie grootprater nie… Studies vereis nou meer inspanning… ‘n Vriendin van sy se tuisdorp, Moorreesburg, vertel my van LW en dat hy hier op Wellington is om sy trouvrou te ontmoet. Een Maandagaand word hul tussendeur harde musiek en raserige student aan mekaar voorgestel. Ek onthou van die ‘trouvrou’ en na ‘n bietjie gesels en beter leer ken, grap ek dat ek dalk net sy trouvrou mag wees. Min wetend…. Na daar nommers geruil is, word ‘n hegte vriendskapsband gevorm… LW neem my na omtrent elke koffiewinkel op die dorp en bederf haar so nou en dan met ‘n Shell -koffie laat in die nag. Ek sien egter hierdie ‘flirtasie’ as net `n vriendskap, totdat LW my voor ‘n ultimatum stel... Na drie dae se wag, het LW uiteindelik sy antwoord gekry. ‘n Paar jaar van studentepret, verloop totdat LW eendag, aan die einde van hul vierdie jaar, besluit om te gaan uitvind of hy dalk op iets beters uit gemis het… Hy verbreek die verhouding en los my in sak en as. Maaaaar… dis waar wat hul sê– net tyd sal leer. En na ‘n paar maande se ‘grootword’ en seker maak (doodseker), durf hul weer die toekoms aan… met volle vertroue en liefde in mekaar. Fast forward 2 jaar en LW is gereed om die groot vraag te vra… Nostalgie oorval my nou nog as ek terugdink aan ons Sprokies- dag! Elke liewe oomblik was besonders- van die opstaan en optof tot die groet van die laaste, raserige gas… Die emosionele oomblik toe ek saam met my pa in die kerkgang afstap, oppad na my beste maat, is ‘n herinnering wat ek vir ewig sal koester. Wat ‘n ongelooflike voorreg om elke liewe person wat jy die liefste het, saam in een vertrek te kon hê! Ons droomdag in een woord... LIEFDESFEES!!









































































































Share:

1 comment

  1. Sjoe ,maar dis die mooiste fotos ooit !!!! Baie geluk sister !

    ReplyDelete

© Aglow Photography | All rights reserved.
Blogger Template Crafted by pipdig